top of page

Graad 12 Aanlyn Klasse (Maandae)

Aanlyn. Weekliks op Maandae van 17:30-19:00

Starts Jan 27
1,600 South African rand
AANLYN

Meer inligting

Graad 12 Aanlyn Klasse 💻 2025: Semester 1 Februarie - Mei (4 maande) 12 klasse in totaal (volgens skool kalender en leerplan) Weekliks op Maandae van 17:30-19:00 🛜 Google Meet: Die skakel tot elke week se klas sal nie minder as 1 uur voor die klas begin met die ouer en leerder gedeel word. Totale Koste: R2400 per semester (R800 deposito + hierdie betaling van R1600) ~Koste werk uit op R200 per klas. ~Tydens die ‘Checkout’ prosedure kan die volle bedrag met een betaling deur Yoco eenmalig afbetaal word, of deur Payflex oor 3 paaiemente. ℹ️ Wat behels die klas: Juf. OK bied vanaf 2025 weeklikse aanlyn aan vir Graad 12 leerders van Hs Garsfontein. Die klasse gaan aanlyn plaasvind oor Google Meet en leerders moet weekliks by die klasse inskakael. Tydens die klasse gaan Juf. OK dan deur al die belangrikste Chemie en Fisika inhoud werk wat relevant is tot die leerders. Die aanlyn klasse gaan nogsteeds interaktief wees as of die leerders voor Juf. OK sit. Die klasse gaan ook klein gehou word en is beperk tot 12 leerders per klas. Opsommings ©, notas, vraestelle en ekstra vrae met antwoorde sal met die leerders digitaal gedeel word. ✏️ Benodighede vir die klas: - 'n Toetsel met 'n goeie internetverbinding - Skryfbehoeftes (insluitende sakrekenaar) en notaboek naby - 'n Oop kop en verwagting om te leer en te verbeter 👩🏻‍🔬 Meer oor Juf. OK (die aanbieder): Elizabeth Olivier-Kahlau (Juf. OK) was vir meer as 20 jaar in die onderwys as ’n Fisiese Wetenskap onderwyseres vir senior Hoërskool leerders. Dit sluit in 10 jaar waar sy Fisiese Wetenskap vir Matrieks by Hoërskool Garsfontein (een van die top akademiese skole in Gauteng) gegee het. Sy was ook verskeie jare by SACAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut) betrokke as 'n evalueerder. In die begin van 2018 het Juf. OK haar eie Wetenskap Akademie begin met die doel om leerders te help om hul Wetenskap punte te verbeter. Juf. OK se aanlyn Wetenskap Akademie help ook meer as 300 leerders met Fisiese Wetenskap. Juf. OK se passie is om moeilike begrippe vir kinders maklik en eenvoudig te verduidelik. Die beste deel van haar werk is om Wetenskap vir haar leerders ‘fun’ en eenvoudig te maak. ✍️ *Al die ouers/voogde van die leerders gaan die volgende Vrywaring moet deurgaan en daarmee ooreenstem deur die proses om te registreer vir die hersieningsklas: https://www.wetenskapakademie.co.za/aanlynklas-vrywaring


Kansellasiebeleid

Die Kansellasiebeleid asook al die Bepalings en Voorwaardes en Vrywarings van die Hersieningsklasse en Aanlyn Klasse word duideliking uiteengesit in Juf. OK se Wetenskap Akademie Vrywarings. Die Vrywaring word digitaal gemerk in die suksesvolle inskrywings as teken dat die persoon wat die registrasie en betaling maak dit aanvaar en daarmee saamstem. Daar is 'n aparte Vrywaring vir die Aanlyn Klasse en die In-Persoon Hersieningsklasse. Beide die Aanlyn en In-Persoon Hersieningsklas Vrywarings kan hier gevind word: www.wetenskapakademie.co.za/vrywarings


Juf. OK - Konktakbesonderhede

info@wetenskapakademie.co.za


bottom of page