Graad 11 Chemie Hersieningsklas
26 Oktober 2024 ~ Tukkies (Future Africa kampus)
Meer inligting
Graad 11 Chemie Hersieningsklas 📚 26 Oktober 2024 09:00 - 12:00 📍 University of Pretoria Future Africa campus Auditorium Pretoria South St, Koedoespoort 456-Jr, Pretoria, 0186 Koste: R700 per leerder ℹ️ Wat behels die klas: Juffrou Elizabeth Olivier-Kahlau (Juf. OK) bied 'n Chemie Hersieningsklas aan vir alle Graad 11 Afrikaanse leerders ter voorbereiding vir die Eindeksamens. In hierdie klas gaan Juf. OK deur al die belangrike Graad 11 Chemie inhoud gaan om die leerders te help voor die komende eksamens. Juf. OK gaan ook klomp vrae en probleme saam met die leerders deurgaan en stap-vir-stap vir hulle wys hoe om dit te beantwoord en vol punte vir daardie vraag te kry as dit sou verskyn in die eksamen. Al die leerders wat die klas gaan bywoon gaan ook uitgedrukte opsommings kry asook ekstra vrae met antwoorde. ✏️ Wat om te bring: - Skryfbehoeftes (insluitende sakrekenaar) en notaboek - Water en ander peuselhappies (daar sal 'n breuk wees tydens die 3 uur sessie) - 'n Oop kop en verwagting om te leer en te verbeter - Baie vrae 👩🏻🔬 Meer oor Juf. OK (die aanbieder): Elizabeth Olivier-Kahlau (Juf. OK) was vir meer as 20 jaar in die onderwys as ’n Fisiese Wetenskap onderwyseres vir senior Hoërskool leerders. Dit sluit in 10 jaar waar sy Fisiese Wetenskap vir Matrieks by Hoërskool Garsfontein (een van die top akademiese skole in Gauteng) gegee het. Sy was ook verskeie jare by SACAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut) betrokke as 'n evalueerder. In die begin van 2018 het Juf. OK haar eie Wetenskap Akademie begin met die doel om leerders te help om hul Wetenskap punte te verbeter. Sy bied huidiglik vir meer as 80 hoërskool-leerders ekstra klasse aan in Pretoria op 'n weeklikse basis en haar aanlyn Wetenskap Akademie help ook meer as 100 leerders met Fisiese Wetenskap. Juf. OK se passie is om moeilike begrippe vir kinders maklik en eenvoudig te verduidelik. Die beste deel van haar werk is om Wetenskap vir haar leerders ‘fun’ en eenvoudig te maak. *Al die ouers/voogde van die leerders gaan die volgende Vrywaring moet deurgaan en daarmee ooreenstem deur die proses om te registreer vir die hersieningsklas: https://www.wetenskapakademie.co.za/in-persoon-hersieningsklas-vrywaring 🔹 As jy nog nie het nie maar belangstel, daar vind ook 'n Graad 11 Fisika Hersieningsklas plaas op Saterdag 19 Oktober 2024, 09:00-12:00. Gaan loer hier vir meer inligting: https://www.wetenskapakademie.co.za/hersieningsklasse
Kansellasiebeleid
Die Kansellasiebeleid asook al die Bepalings en Voorwaardes en Vrywarings van die Hersieningsklas word duideliking uiteengesit in Juf. OK se Wetenskap Akademie Hersieningsklas Vrywaring. Die Hersieningsklas Vrywaring word digitaal gemerk in die suksesvolle inskrywings as teken dat die persoon wat die registrasie en betaling maak daarmee saamstem. Daar is 'n aparte Hersieningsklas Vrywarings vir die Aanlyn Hersieningsklasse en die In-Persoon Hersieningsklasse. Beide die Aanlyn en In-Persoon Hersieningsklas Vrywarings kan hier gevind word: www.wetenskapakademie.co.za/hersieningsklas-vrywaring
Juf. OK - Konktakbesonderhede
info@wetenskapakademie.co.za