Gr 12 - Fisika Werkskool Mod.3 - Aanlyn
24 Mei 2025 | 13:00-15:00
Meer inligting
Graad 12 - Fisiese Wetenskap - Junie Eksamen Fisika Werkskool - Module 3 24 Mei 2025 13:00 - 15:00 📍 Aanlyn deur Google Meet Koste: R400 per leerder ℹ️ Fisika: Module 3 Inhoud - Elektrisiteit met Interne Weerstand - Elektrostatika __________________________________ 👩🏻🔬 Wat behels die klas: Juf. OK bied 'n Aanlyn Junie Eksamen Werkskool aan vir alle Graad 12 Afrikaanse leerders. In hierdie Werkskool Module gaan sy spesifiek kyk na Fisika se temas van Elektrisiteit met Interne Weerstand en Elektrostatika. Die aanlyn werkskool gaan interaktief wees asof die leerders voor Juf. OK in 'n klas sit. Opsommings ©, notas met vrae en antwoorde sal met die leerders digitaal gedeel word oor WhatsApp 1 dag voor die werkskool begin. Hierdie klas gaan dien as 'n baie belangrike Werkskool en Hersieningssessie voor die komende Junie Eksamens. Let wel die klas gaan aanlyn plaasvind oor die platform: Google Meet. 'n Skakel tot die spesifieke Google Meet sessie sal met al die geregistreerde leerders gedeel word oor WhatsApp die dag van die klas. __________________________________ ✏️ Benodighede vir die klas: - 'n Toetsel met 'n goeie internetverbinding - Skryfbehoeftes (insluitende sakrekenaar) en notaboek naby - 'n Oop kop en verwagting om te leer en te verbeter __________________________________ 👩🏻🔬 Meer oor Juf. OK (die aanbieder): Elizabeth Olivier-Kahlau (Juf. OK) was vir meer as 20 jaar in die onderwys as ’n Fisiese Wetenskap onderwyseres vir senior Hoërskool leerders. Dit sluit in 10 jaar waar sy Fisiese Wetenskap vir Matrieks by Hoërskool Garsfontein (een van die top akademiese skole in Gauteng) gegee het. Sy was ook verskeie jare by SACAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut) betrokke as 'n evalueerder. In die begin van 2018 het Juf. OK haar eie Wetenskap Akademie begin met die doel om leerders te help om hul Wetenskap punte te verbeter. Juf. OK se aanlyn Wetenskap Akademie help ook meer as 300 leerders met Fisiese Wetenskap. Juf. OK se passie is om moeilike begrippe vir kinders maklik en eenvoudig te verduidelik. Die beste deel van haar werk is om Wetenskap vir haar leerders ‘fun’ en eenvoudig te maak. __________________________________ ✍️ *Al die ouers/voogde van die leerders gaan die volgende Vrywaring moet deurgaan en daarmee ooreenstem deur die proses om te registreer vir die Werkskool: https://www.wetenskapakademie.co.za/aanlynklas-vrywaring


Kansellasiebeleid
Die Kansellasiebeleid asook al die Bepalings en Voorwaardes en Vrywarings van die Hersieningsklasse en Aanlyn Klasse word duideliking uiteengesit in Juf. OK se Wetenskap Akademie Vrywarings. Die Vrywaring word digitaal gemerk in die suksesvolle inskrywings as teken dat die persoon wat die registrasie en betaling maak dit aanvaar en daarmee saamstem. Die Vrywaring kan hier gesien word: www.wetenskapakademie.co.za/vrywarings
Juf. OK - Konktakbesonderhede
info@wetenskapakademie.co.za