top of page

2024 In-Persoon
Hersieningsklas Vrywaring

Woordelys

Juf. OK - Elizabeth Olivier-Kahlau

die besigheid - Juf. OK se Wetenskap Akademie

die webtuistewww.wetenskapakademie.co.za (die volle webtuiste insluitend alle sub-blaaie)

Ek / die ouer - Die ouer of voog van die leerder wat ingeskryf word en wat die Hersieningsklas gaan bywoon.

My kind - Die leerder wat die hersieningsklas gaan bywoon. Die kind van die ouer of voog.

​

Hierdie Vrywarings is van toepassing op enige en alle in-persoon hersieningsklasse wat aangebied word deur Juf. OK en verkoop word deur die besigheid oor die webtuiste.

 

Om suksesvol aanlyn in te skryf en te betaal vir enige van die klasse moet ek, die ouer of voog van die leerder wat die klas gaan bywoon, die blok merk wat aandui dat die ouer hierdie Vrywaring gelees het en alles wat op hierdie dokument uiteengesit word aanvaar en mee ooreenstem. 


 

  1. Ek bevestig dat alle inligting wat ek ingevul het op die webtuiste korrek is.
     

  2. Ek verstaan en aanvaar volkome dat Juf. OK elke redelike voorsorgmaatreëI sal tref om my kind se veiligheid te verseker.
     

  3. Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK in enige mediese- of noodgevalle sal optree in die beste van haar vermoë om my kind en al die ander leerders betrokke se veiligheid en gesondheid te verseker. Indien iets wel gebeur vrywaar ek vir Juf. OK van enige skade of eise. Ek verneem ook om enige belangrike mediese inligting met Juf. OK te deel wat haar sal help om reg op te tree in mediese- en/of noodgevalle.​
     

  4. Ek bevestig dat my kind se deelname aan die hersieningsklas volkome vrywillig is en ek aanvaar alle risikos daarby betrokke. Ek vrywaar dus Juf. OK, die besigheid en die perseel teen enige verlies, skade of siekte van enige aard en hoe dit ookal veroorsaak is, waaraan my kind mag ly (aan persoon of eiendom) as direkte of indirekte gevolg van die bywoning van die hersieningsklas en Juf. OK, die besigeheid en die perseel sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies en/of skade (insluitend indirekte of voortvloeiende verlies en/of skade) wat daaruit spruit nie.​
     

  5. Ek neem verantwoordelikheid vir enige skade wat deur my kind verrig word aan die perseel en voorneem om die skade reg te maak / te herstel.​
     

  6. Ek bevestig dat ek self verantwoordelikheid neem om seker te maak my kind kom veilig by die lokaal waar die klas aangebied word aan. Asook om seker te maak my kind word na die klas weer opgetel by die lokaal.​
     

  7. Ek verstaan dat enige fisiese inhoud (notas, opsommings, vrae met antwoorde) wat my kind by die hersieningsklas gaan kry onderhewig is aan kopiereg van Juf. OK en bevestig dat ek dit nie sal kopieer en/of versprei sonder die skriftelike toestemming van Juf. OK nie.​
     

  8. Ek verstaan en aanvaar dat die hersieningsklas slegs ‘n ekstra hulpmiddel is om leerders met Fisiese Wetenskap te help maar dat daar geen waarborg is dat my kind se punte sal verbeter nie. Juf. OK aanvaar dus geen aanspreeklikheid as die leerder se punte nie verbeter nie.​
     

  9. Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die reg behou om die hersieningsklas te kanseleer. Juf. OK kan slegs die klas kanseleer indien sy dit skriftelik per e-pos kommunikeer nie minder as 5 dae voor die klas begin nie. Indien Juf. OK die klas kanseleer sal die ouer vergoed word met 100% van die registrasiefooi. Juf. OK sal met die ouer kommunikeer per e-pos om die ouer se bankbesonderhede te kry en die terugbetaling te maak wat sal plaasvind nie later as 7 dae na die oorspronkike datum van die klas nie.​
     

  10. Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die reg behou om die besonderhede van die hersieningsklas te kan aanpas en verander. Dit sluit in die datum, tyd en lokaal waarin die klas gaan plaasvind. Juf. OK sal die besonderhede van die aanpassing aan die ouer kommunikeer per e-pos nie minder as 3 dae voor die klas sou plaasvind nie. Indien die aangepasde besonderhede van die klas nie meer die ouer of leerder pas nie kan die ouer die inskrywing kanseleer soos per die Kanselasiebeleid (punt 11).​
     

  11. Ek verstaan en stem saam met die Hersieningsklas se Kanselasiebeleid.
    Die Kanselasiebeleid is as volg: Die ouer behou die reg om die leerder se inskrywing vir die klas te kanseleer mits die ouer dit doen deur direkte e-pos kommunikasie aan Juf. OK (info@wetenskapakademie.co.za) nie minder as 1 dag voor die begin van die klas nie. Die ouer sal dan vergoed word met 50% van die totale registrasiefooi. Juf. OK sal die bankbesonderhede van die ouer versoek en die 50% terugbetaling doen binne 7 dae nadat die klas plaasgevind het. Indien die ouer minder as 1 dag voor die klas begin kanseleer, sal geen terugbetaling plaasvind nie. Ouers van leerders wat nie opdaag by die klas sonder enige kennisgewing sal nie vergoed word nie.

     

  12. Juf. OK behou die reg om leerders wat nie ingeskyf het vir die hersieningsklas toegang tot die klas te verbied.
     

  13. Enige wangedrag deur ‘n leerder sal nie geduld word nie. Leerders wat herhaaldelik Juf. OK en/of ander leerders steur sal gewaarsku word en na meervoudige steurings gevra word om die lokaal te verlaat.​ 
     

  14. Ek stem ooreen dat Juf. OK my kan kontak deur die kontakbesonderhede wat ek verskaf het met enige inligting wat op toepassing is van die spesifieke klas waarvoor ek my kind ingeskryf het. Ek stem verder ooreen dat Juf. OK my kan kontak met enige verdere promosies en bemarkingsmateriaal wat te doen het met Juf. OK se Wetenskap Akademie.



 

Ek, die ouer/voog van die leerder wat die hersieningsklas gaan bywoon, het dus hierdie Vrywaring deurgegaan en aanvaar en stem ooreen met alles wat hierin uiteengesit is en bevestig dit (het dit bevestig) deur die blok te merk op die webtuiste tydens die aanlyn inskrywing.

bottom of page