Aanlynmateriaal
Aanlyn Wetenskap Akademie
Hoe werk dit?
-
Juf. OK se Aanlyn Wetenskap Akademie is 'n aanlyn platform waar leerders toegang kry tot honderde videos van lesings waarin moeilike Wetenskap konsepte op 'n maklike en 'fun' manier verduidelik word.
-
Daar is verskeie pakkette te koop en by die webblad Aanlynpakkette kan gesien word presies wat in elke pakket ingesluit is.
-
Enige iemand kan inskryf en betaal vir enige van hierdie pakkette en kan dan vir 'n hele jaar onbeperkte toegang hê tot die inhoud van die pakket. Toegang tot die verskeie pakkette kan wel net gekry word deur hierdie webtuiste.
-
Dit beteken dat die individu die aanlynvideos enige tyd kan kyk vanaf enige toestel wat toegang tot die internet het. Al wat die individu moet doen is om na hierdie webtuiste te kom, tot hul rekening in te teken, en dan na die inhoudsblad te gaan van die pakket waarvoor hulle ingeskryf is.
-
Daar is ook geen perke op die hoeveelheid keer wat die individu die video kan kyk nie. Die aanlynvideos kan dus oor en oor gekyk word totdat die werk verstaan word en dit kan ook voor belangrike toetse of eksamens gekyk word vir hersiening.
Druk gerus op die beeld hieronder om meer inligting te kry spesifiek tot elke Graad. Daar wag ook 'n gratis video vir jou as 'n voorsmakie wil kry van die Aanlyn Wetenskap Akademie