2025 Aanlyn Klasse
Vrywaring
Woordelys
Juf. OK - Elizabeth Olivier-Kahlau
die besigheid - Juf. OK se Wetenskap Akademie
die webtuiste - www.wetenskapakademie.co.za (die volle webtuiste insluitend alle sub-blaaie)
Ek / die ouer - Die ouer of voog van die leerder wat ingeskryf word en wat die aanlynklas gaan bywoon.
My kind - Die leerder wat die aanlynklas gaan bywoon / die kind van die ouer of voog.
Hierdie Vrywarings is van toepassing op enige en alle aanlyn klasse wat digitaal aangebied word deur Juf. OK en verkoop word deur die besigheid oor die webtuiste.
Om suksesvol aanlyn in te skryf en te betaal vir enige van die klasse moet ek, die ouer of voog van die leerder wat die klas gaan bywoon, die blok merk wat aandui dat die ouer hierdie Vrywarings gelees het en alles wat op hierdie blad/dokument uiteengesit word aanvaar en mee ooreenstem.
-
Ek bevestig dat alle inligting wat ek ingevul het op die webtuiste korrek is.
-
Ek verstaan en aanvaar volkome dat die klas aanlyn deur ‘n geskikte platform gaan plaasvind en dat dit my en my kind se verantwoordelikheid is om seker te maak ons het ‘n toestel en goeie internetverbinding waardeur my kind kan aansluit by die klas.
-
Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die klas tot die beste van haar vermoë sal aanbied om my kind en al die ander leerders te help met Fisiese Wetenskap.
-
Ek bevestig dat my kind se deelname aan die aanlynklas volkome vrywillig is en ek aanvaar alle risikos daarby betrokke. Ek vrywaar dus Juf. OK en die besigheid teen enige verlies, skade of siekte van enige aard en hoe dit ookal veroorsaak is, waaraan my kind mag ly (aan persoon of eiendom) as direkte of indirekte gevolg van die aanlyn bywoning van die aanlynklas en Juf. OK en die besigeheid sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies en/of skade (insluitend indirekte of voortvloeiende verlies en/of skade) wat daaruit spruit nie.
-
Ek verstaan dat enige en alle digitale inhoud (notas, opsommings, vrae met antwoorde) wat my kind voor, tydens of na die aanlynklas mag kry by Juf. OK onderhewig is aan kopiereg van Juf. OK ©️ en ek bevestig dat nie ek of my kind dit sal kopieer en/of versprei sonder die skriftelike toestemming van Juf. OK nie.
-
Ek neem kennis van die feit dat Juf. OK nie minder as 1 (een) uur voor die begin van die aanlynklas per e-pos en/of WhatsApp kommunikasie die skakel sal stuur tot die aanlynplatform en sessie waardeur die klas aangebied gaan word. Die skakel sal gestuur word na my e-pos adres en/of WhatsApp nommer soos wat ek dit ingelees het op die webtuiste tydens die registrasieproses. Ek verneem om die skakel wat ek by Juf. OK gaan ontvang om by die klas aan te sluit met geen ander persoon/persone sal deel nie.
-
Ek verstaan en aanvaar dat die aanlynklas slegs ‘n ekstra hulpmiddel is om leerders met Fisiese Wetenskap te help maar dat daar geen waarborg is dat my kind se punte sal verbeter nie. Juf. OK aanvaar dus geen aanspreeklikheid as die leerder se punte nie verbeter nie.
-
Ek verstaan en aanvaar dat die aanlyn klasse nie opgeneem gaan word nie en dit is my verantwoordelikheid om seker te maak my kind woon die klasse by en let op aangesien my kind nie later 'n opname daarvan gaan kan kyk nie.
-
Ek verstaan en aanvaar dat enige tegniese probleme wat ek of my kind tydens die aanlyn klasse aanvaar nie Juf. OK se probleem is nie. Ek sal dus nie verwag dat Juf. OK net vir my of my kind wag voordat sy kan voortgaan met die klas nie. Juf. OK sal die ouer en leerder tot die beste van haar vermoë probeer help met enige tegniese of administratiewe hindernisse mits dit nie waarde van die res van die klas en leerders teenwoordig wegvat nie.
-
Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die reg behou om die aanlyn klasse te kanseleer. Juf. OK kan slegs die klas kanseleer indien sy dit skriftelik per e-pos of WhatsApp kommunikeer nie minder as 2 dae voor die klas begin nie. Indien Juf. OK 'n klas kanseleer sal 'n ander datum vir daardie spesifieke klas gevind word sodat die leerders nogsteeds die aantal klasse gaan kry soos ooreengekom.
-
Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die reg behou om die besonderhede van die aanlyn klasse te kan aanpas en verander. Dit sluit in die datum, tyd en/of digitale platform waaroor die klas aangebeid gaan word. Juf. OK sal die besonderhede van die aanpassing aan die ouer kommunikeer per e-pos en/of WhatsApp kommunikasie nie minder as 3 dae voor die klas sou plaasvind nie. Indien die aangepasde besonderhede van die klas nie meer die ouer of leerder pas nie kan die ouer die inskrywing kanseleer soos per die Kanselasiebeleid (punt 12).
-
Ek verstaan en stem saam met die aanlyn klasse se Kanselasiebeleid.
-
Kanselasiebeleid vir alleenstaande aanlyn hersieningsklasse met 'n onbeperkte hoeveelheid spasie vir leerders om by te woon:
Die Kanselasiebeleid is as volg: Die ouer behou die reg om die leerder se inskrywing vir die klas te kanseleer mits die ouer dit doen deur direkte e-pos kommunikasie aan Juf. OK (info@wetenskapakademie.co.za) nie minder as 1 dag voor die begin van die klas nie. Die ouer sal dan vergoed word met 90% van die totale registrasiefooi. Indien die ouer minder as een dag, maar nogsteeds voor die amptelike begin van die aanlynklas kanseleer sal Juf. OK die ouer slegs vergoed met 50% van die totale registrasiefooi. Juf. OK sal die bankbesonderhede van die ouer versoek en die terugbetaling doen binne 7 dae nadat die klas plaasgevind het. Indien die ouer nadat die klas begin het, of reeds plaasgevind het, die inskrywing kanseleer, sal geen terugbetaling plaasvind nie. Ouers van leerders wat nie aansluit by die klas sonder enige kennisgewing sal nie vergoed word nie.
-
Kanselasiebeleid vir alleenstaande aanlyn hersieningsklasse met 'n beperkte hoeveelheid beskikbare spasie vir leerders om by te woon:
Die Kanselasiebeleid is as volg: Die ouer behou die reg om die leerder se inskrywing vir die klas te kanseleer mits die ouer dit doen deur direkte e-pos kommunikasie aan Juf. OK (info@wetenskapakademie.co.za) nie minder as 1 dag voor die begin van die klas nie. Die ouer sal dan vergoed word met 50% van die totale registrasiefooi. Juf. OK sal die bankbesonderhede van die ouer versoek en die terugbetaling doen binne 7 dae nadat die klas plaasgevind het. Indien die ouer minder as een dag voor die amptelike begin van die aanlynklas kanseleer sal daar geen terugbetaling plaasvind nie aangesien daardie spasie in die klas moontlik nie gevul kan word voor die begin van die klas nie. Indien die ouer nadat die klas begin het, of reeds plaasgevind het, die inskrywing kanseleer, sal geen terugbetaling plaasvind nie. Ouers van leerders wat nie aansluit by die klas sonder enige kennisgewing sal nie vergoed word nie.
-
Kanselasiebeleid vir semesterlikse aanlyn klasse:
Vir Semesterlikse klasse moet 'n deposito (soos aangedui by die spesifieke aanlyn klasse inskrywing) vooraf betaal word deur 'n EFT-betaling. Daarna moet die uistaande bedrag binne 30 dae oor die webtuiste betaal word vandat die klasse begin.
Die Kanselasiebeleid is as volg: Die ouer behou die reg om die leerder se inskrywing vir die aanlyn klasse te kanseleer mits die ouer dit doen deur direkte e-pos kommunikasie aan Juf. OK (info@wetenskapakademie.co.za). Die deposito is nie terugbetaalbaar nie. Indien die ouer die inskrywing kanseleer binne 30 dae vandat die aanlyn klasse begin het gaan hulle nie hul deposito terug ontvang nie maar ook nie verskuldig wees vir die uitstaande bedrag nie. Indien die ouer reeds die volle uitstaande bedrag betaal het en dan besluit om die leerder se inskrywing te kanseleer sal Juf. OK 'n terugbetaling soos aangedui hierna. Die ouer sal vergoed word vir al die uitstaande aanlyn klasse wat nog nie plaasgevind het nie. Die bedrag sal uitgewerk word soos volg: die totale bedrag van die semester gedeel deur die totale aantal klasse bepaal die koste per klas. Die koste per klas maal die aantal uitstaande klasse minus 'n 20% administratiewe fooi is wat aan die ouer terugbetaal sal word. Juf. OK sal die bankbesonderhede van die ouer versoek en die terugbetaling doen voor die einde van die semester. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die mis van individuele klasse binne in die semesterlikse aanlyn klasse nie.
-
-
Juf. OK behou die reg om leerders wat nie ingeskyf het vir die aanlyn klasse toegang tot die aanlyn klasse te verbied. Dit is die ouer en leerder se verantwoordelikheid om seker te maak die leerder sluit by die aanlyn klasse aan met dieselfde naam as waarmee hulle gerigestreer het. Slegs individue wat by die aanlyn klasse aansluit met dieselfde naam as waardeur ‘n inskrywing gemaak is sal tot die aanlyn klasse toegelaat word.
-
Ek verstaan en aanvaar dat dit my kind se verantwoordlikheid is om die nodige inhoud (opsommings, notas, vraestelle, oefeninge, ens.) voor die spesifieke klas af te laai soos gespesifiseer deur Juf. OK. My kind moet tydens die aanlyn klasse die inhoud byderhand hou (digitaal of hardekopie) om die volle waarde van die aanlyn klasse te ervaar.
-
Ek verstaan en aanvaar dat Juf. OK die reg behou om al die leerders se kameras en mikrofone te deaktiveer om steurings te verminder tydens die aanlyn klasse oor die digitale platform. Daar sal tye wees vir interaktiewe vrae en antwoorde waar Juf. OK dan weer die kameras en mikrofone sal aktiveer.
-
Enige wangedrag deur ‘n leerder sal nie geduld word nie. Dit sluit onder andere onvanpaste en irrelevante kommentaar in die platform se “Chat” funksie in. Leerders wat herhaaldelik Juf. OK en/of ander leerders steur sal gewaarsku word en na meervoudige steurings uit die aanlynklas verwyder word.
-
Ek stem ooreen dat Juf. OK my kan kontak deur die kontakbesonderhede wat ek verskaf het met enige inligting wat op toepassing is van die spesifieke klas waarvoor ek my kind ingeskryf het. Ek stem verder ooreen dat Juf. OK my kan kontak met enige verdere promosies en bemarkingsmateriaal wat te doen het met Juf. OK se Wetenskap Akademie.
Ek, die ouer/voog van die leerder wat die aanlynklas gaan bywoon, het dus hierdie Vrywaring deurgegaan en aanvaar en stem ooreen met alles wat hierin uiteengesit is en bevestig dit (het dit bevestig) deur die blok te merk op die webtuiste tydens die aanlyn inskrywing.