AANLYN KLASSE
Juf. OK gaan vanaf Februarie 2025 aanlyn Fisiese Wetenskap klasse aanbied!
Hierdie klasse gaan weekliks plaasvind oor 'n aanlyn videoplatform.
Verbeter jou Fisiese Wetenskap punte met weeklikse aanlyn ekstra klasse
Hoe werk dit?
Fisiese Wetenskap Ekstra Klasse - maar aanlyn!
Die leerder skryf in vir hul Graad se aanlyn klas en woon dan weekliks tydens daardie spesifieke tydsgleuf die klas by.
​
Tydens die aanlyn inskrywing kry ons die ouer en leerder se kontakbesonderhede. Volgens hierdie besonderhede word die ouer en leerder dan op 'n WhatsApp groep geplaas vir die spesifieke Graad. Alle inligting rakende die klasse word dan oor hierdie WhatsApp groep gedeel - herinnerings van die klasse, skakels om by die klasse aan te sluit, skakels tot ekstra aflaaibare Opsommings, Notas en Vrae met Antwoorde wat afgelaai kan word, ens.
​
Klastye
Elke klas gaan 90 minute lank wees en 1 keer per week plaasvind volgens 'n vaste tydsgleuf. Sien die dae/tye hieronder.
​
Inskrywings vir die klasse is gestel per Semerster (2 kwartale).
Vir Semester 1 van 2025 gaan ons in Februarie begin en in Mei ophou voor die Junie eksamens. Daar is dus 4 maande se klasse (Feb, Mrt, Apr & Mei). In hierdie 4 maande gaan daar 12 aanlyn klasse plaasvind. In sommige maande meer as ander as gevolg van skool- en publieke vakansies.
​
Kostes, Betalings en Inskrywings
Alles gebeur aanlyn hier oor my webtuiste. "Scroll" af en druk dan op die Graad waarvoor jy wil inskryf. Volg die aanlyn instruksies en voltooi die inskrywing en aanlyn betaling.
​
Die aanlyn klasse se kostes beloop R1800 per semester (4 maande, 12 klasse, dus R150 per klas).
​
Betalings vind aanlyn plaas saam met die inskrywing. Die volle bedrag kan met een betaling gemaak word deur Yoco ('n veilige aanlyn betalingsplatform), of deur PayFlex ('n "Buy-Now-Pay-Later" betalingsplatform) wat mens toelaat om die volle bedrag oor 3 maande te betaal.
Grade en Groepe
Graad 12
​Dinsdae 17:30 - 19:00
​
Koste: R1800
(R150 per les)
​
4 Maande - 12 klasse
Kwartaal 1 & 2 (Feb-Mei)​
Graad 11
Dinsdae 15:30 - 17:00
​
Koste: R1800
(R150 per les)
​
4 Maande - 12 klasse
Kwartaal 1 & 2 (Feb-Mei)​
Starts Feb 4, 2025
Loading availability...
Loading availability...